Life . . .
"
I am married!!!!!!!!!! Visit www.dieter-martelize.com for more info...
"





PUBLISHED - 2011-12-24

Christusfees Wense


 

Ek en Martelize maak die laaste geskenkies op voor die kuier saam met familie en geliefdes rondom die kersboom. Ons reflekteer sommer oor die vol en opwindende jaar en som ons emosies op met: Ons is geseend!




PUBLISHED - 2011-10-24

Dana Bay Guesthouse


 

(Dieter) Die einde is hier!! Dis met groot traagheid dat ons die laaste inskrywings maak van ons wittebrood! Dit was n ongelooflike lekker week van ontspan, mekaar geniet en droom oor ons more saam. Die plekke wat ons besoek het het ons uitgeboul en ons is opnuut trotse Suid Afrikaners! 

Ek het gister my drie gunsteling plekkies vir my vroutjie gaan wys. Buffelsbaai, Heroldsbaai en Victoriabaai. Juwele, nog so bietjie weggesteek en lieflike onstpan strande. En dan natuurlik ook my trotse geboorteplek: Mosselbaai.
 
(Martelize) Dit was nogals swaar om vir die mooie Knysna vaarwel  te heet, maar net soos ek gedink het die plekke waarheen ons gaan kan nie mooier raak nie, toe gaan wys my man vir my vier van sy gunsteling plekke en ek kan sonder enige twyfel se ekt ook verlief geraak op hulle. Eers het ons cupcakes gaan eet op Buffelsbaai, daarna het ons op Victoriabaai  se strand gesmul aan die lekkerste roomys. Hierna het ons by Heroldsbaai ‘n draai gaan maak vir die see uitsig en milkshakes en om af te sluit het ons by Delfino's in Mosselbaai 'n lekker pizza gaan eet! Dit het gevoel of ek n toeris in n vreemde land is en my sexy toergids weet net presies waarheen om my te vat om my hart te bekoor.

(Dieter) Ons laaste oornag bederf is by Dana Baai Guesthouse. Die uitsig is weereens net so mooi en spesiaal soos elke vorige een. Ons het gestaar na die blou eindelose see tot ons oe seer geraak het. Die vrede spoel saam met elke brander deur jou siel. Ronelle het vir die res gesorg. Hulle besit die gastehuis al vir 10 jaar en weet net hoe om n mens spesiaal te laat voel. Dis n lekker huislike atmosfeer met die see op jou voorstoep.

(Martelize) Ons laaste plekkie was by Dana Baai Guesthouse. Toe ons by die kamer inloop het ek waaragtig weer besef hoe gelukkig ek is om so ‘n honeymoon te kan he. Ons het weer lekker spierwit kamerjasse en pantoffels gehad waarin ons vaoggend vir so ‘n tydjie geboer het terwyl ons oor Dana Baai se see uitkyk. Ekt elke oomblik vir oulaas ingeneem, want ekt geweet van hier af is dit weer terug na realiteit vir ons. Ek moet se ek sien ook uit daarna! Dit was waarlik ‘n geseende tyd saam met my man…ek wens vir elke vrou so ‘n wittebrood toe met so ‘n amazing man wat haar so bederf. Ek sien baie uit na die toekoms!

 Ons het vanoggend vroeg gaan stap langs die see en sommer n semi skinnydip. Vir ons span, vir ons land. Ons vir jou SA! Sien die foto,slegs bo 18's!

Vandag vat ons weer pad terug Kaap toe, maar ons gaan verseker n paar keer stop om interessante plekke uit te snuffel. 

Vanaand sluit ons die wittebrood af deur saam met n paar vriende die Groot Liefde in die kerk te gaan vier. 

Baie dankie dat julle kom inloer het, baie dankie dat julle deel in ons vreugde. Die journey begin nou eers. Bly asb in kontak en laat weet gerus van die wonderlike dinge wat ook n julle lewens gebeur. 

(D+M+m) The best is yet to come!




PUBLISHED - 2011-10-22

Paradise House (Knysna)


 

Baie NICE in Knysna!
 
Om die pragtige dorp in te ry met die ou pad van George af is soos om weggevoer te word na n ou wereld. Kronkelpaadjies en bruggies oor rivier strome met die inheemse bome wat groen uittroon oor alles wat mensgemaak is.
 
(Martelize)
Baie van julle weet seker al teen die tyd dat Knysna een van die mooiste plekke in ons land is. Ek kan ongelukkig op my een hand tel hoeveel keer ek al hier was. Toe ons so deur die bosse op die kronkelpaadjie ry oppad hierheen het ek geweet ons is oppad na n spesiale plek.
 
(Dieter)
Twee van Knysna se bakens vir my is van kleins af die meer en die Heads. Met intrapslag by Johan en Zita se Paradise House het die pragtige uitsig op ons gewag. Ons kamer het weereens die mooiste uitsig in die omgewing. Ons voel asof ons in  die paradys is. Die foto's wat ons geneem het vertel n verhaal, maar glo my dis nog mooier in die regte lewe! Ons kamer is lekker ruim en die vensters groot. Die balkon laat jou voel asof jy op die meer sit. Die voel lewe is aktief, so dit voel regtig asof jy wegkruip die bos.
 
(Martelize) 
Toe ons hier aankom het ons sommer klaar die mooi uitsig gevier met n bottel nie-alkoholiese sjampanje wat vir ons voorgesit is. Ons het eers die uitsig so bekyk en besluit om die pragtige dorpie in te vaar…dit was magic!
 
(Dieter)
Soos n regte witebrood paartjie het ons die water opgesoek. Ons het op die Knysna meer gevaar met die John Ben. Dit was vroeg skemer en die kaptein het ons sommer baie naby aan die Heads laat draai. Die Koppe het oor die jare al talle skepe op die rotse laat loop. Ons was darem veilig in sy bekwame hande. Die ete was baie lekker op die John Ben, die geselskap van my vroutjie die beste waarvoor ek kon vra en die uitsig manjifiek!
 
Ons was lekker vroeg in die bed en het saam met die voels wakker geword. Ons het voor die sonsopkoms gaan draf in die stil strate van Knysna. Early bird catches the worm! Ons het saam gesien hoe die dorp ontwaak, die uitdaging van vroeg opstaan vir my “not a mourning person” –vrou glad nie te veel gevra nie en die ervaring so die moeite werd!
 

Wat n besonderse en romantiese ervaring! Kom loer gerus volgende keer wat jy n wegbreek beplan by Paradise House in Knysna in. Jou siel sal  verkwik wees as jy hier wegstap! 




PUBLISHED - 2011-10-21

C'the View Guesthouse


 

(Martelize) Ons sit nou hier op die balkon van ons kamer op die derde verdieping by C the View Guesthouse. Die see is oop voor ons en so mooi. What a view! Ons het vanoggend wakker geword van die see se mooi klankgolwe en die son wat 'n ligstreep daarop trek. Wat 'n voorreg om ons beeldskone land so te ervaar! Nou verstaan ek hoekom almal 'n huisie by die see wil he.

Gister het ons gaan fliek om net nog meer te unwind. Dit was Crazy, Stupid Love. ‘n Baie vreemde movie om te kyk op jou wittebrood, maar ten minste kon ons mekaar net meer waardeer daarna.

Nog ‘n bonus was die jaccuzzi by ons guestlodge. Dit was AMAZING! Dit was so koud en winderig buite terwyl ons warm binne in die water gekuier het. Ek sal dit vir almal aanbeveel.

My liefie het bietjie vroeer n draffie gaan maak langs die strand. Ek moes ook eintlik, want ons het gister hopeloos te veel roomys geeet, maar ek (en Mijean) het besluit om eerder nog 'n bietjie in die bed te bly. Vandag gaan ons net rustig wees want ons slaap vanaand weer hier....dit gaan n awesome dag wees! Ekt die wonderlikste man op hierdie aarde wat so n spesiale tyd vir ons beplan het!

(Dieter) As ek raad vir enige voornemende honeymooners kan gee: werk erens in jou skedule n twee-dag-stopover in. Dit maak die rus en ontdek nog n groter fees. Ons het ons klere uitgepak in die kas en dit voel nou regtig soos n see vakansie.

Ons stap langs die strand en geniet die shows wat die walvisse en dolfyne vir ons gooi. Dis regtig een van die onrepste stukkies kus wat ek n lang tyd beleef het. C’ the View is naby Tergniet en Groot Brak rivier. Volgens my skatting is dit in die middel van waar Klein en Groot Brak rivier in die see loop. Ons kuier so lekker hier dat ons eintlik nie weer wil inpak vir die volgende bestemming nie. Maar ek weet wat daar op my vroutjie wag, so dis amper weer Bon Voyage!

Charlotte en haar span het ons op die hande gedra in hierdie fantastiese gastehuis.Hier is ‘n swembad wat oor die see uitkyk, Jacuzzi wat oor die Baai van Mossels uitkyk. Heerlike kos en gasvryheid. Bederf uit die boonste rakke. Ons het n Chocolate fondue gehad en kon nie ophou peusel aan al die lekkernye nie. Om in die nag die branders te hoor breek en op te snuggle langs mekaar as die briesie opkom was hemels. Kom loer gerus hier in, jy sal nie spyt wees nie!

Ons het gehoor dat die nuwe Huisgenoot vandag op die rakke is in die Kaap. Gaan koop hom gerus as julle meer van ons troufotos wil sien. Ons sit binnekort n hele klompie hier onder die trou foto link.

Soet wees en spread the Love!

D+M+m  




PUBLISHED - 2011-10-20

De Kloof Luxury Estate


 

(Dieter) Daar is n hele paar gastehuise in Swellendam. De Kloof is n "hidden jewel"  soos hulle dit noem en bekoor jou vanuit die  bopunt van die dorp. Dit is n Vyf Ster Boetiek Hotel. Roy, Marjolein en hul span het ons ingewag en geneem op n begeleide toer deur De Kloof. 

Ons word bederf in die Honeymoon suite. Die kamer is amazing! Ons slaap op n enorme waterbed! "Its all in the motion of the ocean" haha! 'n Tapas tipe aandete is perfek afgerond met n borrebad bederf.  

 Vroeer het ons ook op n game drive in die Bontebok Park gegaan. Ons is albei mal oor bontebokke, daar is nog net so 2000 oor in SA. So daarom het ons my vroutjie so bietjie verras…. 
 

(Martelize) Net oomblikke na ons aankoms het daar n 4x4 vir ons gewag en ek het nie n idee gehad waarheen ons oppad was nie. Diets het net vir my gese ek moet iets warm saamvat om aan te trek en toe ek weer sien is ons in die mooiste Natuurreservaat waar ons bontebokke met babas, zebra's, rooi Hartebeeste verskeie soorte voels, plante en nog vele meer in ons natuurskoon gesien het. En ons gids was die vriendelikste mannetjie van Liverpool wat al vir 10jaar in Suid-Afrika bly en hy en sy vroutjie maak hulle seun van 5 jaar vlot Afrikaans groot. Dit was so lekker om te hoor en dan was hy nog bonop so ingelig en mens kon hoor hy weet presies waarvan hy praat. As ek als verstaan waarvan iemand soos hierdie praat dan weet jy hys goed! Dit was n ervaring en n half en ek dink hierdie Bontebok Natuurreservaat gan ons beslis weer sien!

(Dieter) Ons het ook vinnig gestop by n groep minderbevoorregte kinders wat in die park kuier vir n week. Hulle leer meer van die natuur en is bondels energie!

 Die uitsig by die Bree Rivier is asemrowend! Chris, ek neem aan jy het hier verby geroei met jou solo avontuur!? Ons het besluit dis waar ons met Mijean wil kom roei sodra sy kan sit!
 
Dit reen so bietjie vanoggend, so ons kaggel brand romanties hoog. Ons luister John Mayer terwyl die druppels op ons stoepie val. Magic! Ons sit in kamerjasse en drink elke oomblik in van die groot bederf hier by De Kloof. 
 
Nog iets wat vir my baie positief is van die boetiek hotel is dat hier n goed toegeruste gim is. Dis die eerste stop op ons wittebrood waar ons dit sien. Ons het goeie intentions om dit gebruik.... maar ai, dis so cosy hierbinne...!

(Martelize) Die swembad area maak jou lus om n cool by die pool party te hou en ons suite is lekker afgesonder en kyk uit op n groot grasperk met ganse en tarentale wat die area vir hulleself toegeeien het.

Dit was ongelooflik! Ekt gevoel soos The Little Mermaid en my Prins Eric het my na 6 jaar uiteindelik gevind! Lekkerrrr!  Dit reen liggies buite ... ekt gehoor dis blessings vanuit die Hemel. Ek is so gebless om hier te kan wees, saam met my droomman. Ek sou nerens anders wou wees nie. Ek sien uit na die volgende avontuur wat vir ons wag.

(Dieter+Martelize) Tot later! Mis julle...

 

 




PUBLISHED - 2011-10-19

Sea Star Lodge (De Kelders)


 

(Dieter+Martelize) Oppad na ons derde Honeymoon bestemming het ons net weer opgewonde geraak oor ons pragtige  land. Berge, see, bosse en son:  alles op een roete. Ons is van vooraf bekoor .

 

(Dieter) Ons het met die kus langs gery van Gordonsbaai na Gansbaai en De Kelders. Ons het die walvisse gevolg tot hier by See Star Lodge waar ons nou lekker saam met Ardi, die eienaar en n paar Duitse toeriste kuier.  Daar is net een woord om hierdie 5-ster kamer mee te beskryf: Luuks!

Vandat ons hier ingestap het was ons baie beindruk met die gasvryheid en pragtige uitleg van die lodge wat jou meer die gevoel gee van n tipe luuksheid wat jy nog nie kan  bekostig nie. En die bonus is dat dit baie bekostigbaar is!

 

(Martelize) Ardi is die vriendelikste man, oorspronklik van Duitsland. Hy was so opgewonde oor ons koms dat ek amper gedink het hy wil saam met ons wittebrood vier. Gelukkiig is dit iets wat net ek en my liefste man saam kan doen. Met skoon wit mure, rooi en donkerbruin meubels om ons kon ek nie wag om die nag hier te spandeer nie.

Vanoggend toe ons wakker word was dit perfekte honeymoon-inbly weer. Presies waarvoor ek gehoop het. Vir die van julle wat dalk gewonder het…Dieter lyk nogals heavy cute in die kamerjas...maar die res is net vir my oe beskore.

 

(Dieter) Dis bietjie bewolk, perfekte wittebrood weer! Ons is by die see en die walvisse baljaar hier reg voor ons. In die nag hoor jy hoe hulle gesels met mekaar en ons kan afloer hoe hulle uit die water spring. So asof hulle presies geweet het dat ons vir hulle kyk.

 

(Martelize)  Ek het nog nie baie walvisse in my lewe gesien nie, veral nie as hulle uit die water spring soos free willy nie. Dit was beautiful!

 

(Dieter) Ek en my bruid het hierdie ruskansie nou baie geniet en voel hoe ons batterye elke dag so bietjie meer herlaai.  Teen more sal ek genoeg energie he om saam met die walvisse te swem!

 

(Dieter+Martelize) Ardi, vielen vielen dank für die wunderschöne zeit und das verwöhnen in Sea Star Lodge. Wir werden es in wunderbarer erinnerung behalten!

We are having a whale of a time!

www.seastar.co.za




PUBLISHED - 2011-10-18

Bontkop B&B (Melkbosstrand)


(Dieter) Die see is n plek waar ons gelukkig is, daarom gaan ‘n groot deel van ons wittebrood by die kus wees. Ek sukkel om geheime vir Mart te he, maar ek gaan probeer om haar te verras met dit wat op ons wag.

 
Ons sit nou op die balkon van die Honeymoon suite by Bontkop gastehuis in Melkbos en kyk na die sonsondergang. Tafelberg en Robben eiland is in die agtergrond en ek sit en gesels met my beste pel, my vrou, my kameraad, my liefling, die ma van my kinders. Dis in oomblikke soos hierdie wat daar n vrede oor my kom, n seker weet dat ek nerens anders en by niemand anders wil wees nie. Dis so lekker. My cup runneth over!  
 
Ons het met die intrapslag by Bontkop vir Ronel ontmoet. “Ons sweef” was my eerste woorde aan haar. Sy se dat mens hoe ouer jy raak meer van jou troudag onthou. Sy en haar man soek gereeld herinneringe aan die mooi dag op en beleef dit van vooraf. Ons vat die advies en sien uit na die meer onthou, want als het so vinng verby gevlieg. Ek wou altyd he dat die sprokies wat my ma vir my voor slaaptyd gelees het langer moet wees.  Hierdie een glo ek gaan vir altyd aanhou, met n vervolg wat nooit ophou nie!
 
Bontkop is ‘n lekker bederf kuierplek. Ek het  nie geweet wat om te verwag nie, maar van die begin tot die einde is ons op die hande gedra. Ons het in kamer 1 geslaap. Die kamer kyk uit oor die see met Tafelberg en Robbeneiland as bakens. Daar is baie glas in die kamer so jy voel asof jy in die natuur is. Ons het so lekker gesels en ontspan. Die beddegoed is so sag en knus. As jy in die nag wakker word hoor jy branders saggies breek. Te lekker, die lied in my hart met opstaanslag maak dat die sweef net hoer in die wolke is.
 
Daar is so baie mooi fasette aan Bontkop, maar ek moet nog n feature net julle deel: n Swembad met n venster. My vroutjie het n goeie shot gekry van my afkoel!
 
(Martelize) Ongelooflik, is al hoe ek die eerste dag as Mev Voigt kan beskryf! Vir die van julle wat wonder hoe dit is…dit is waarlik alles en meer as wat ek ooit kon van droom! Om langs Mnr Voigt wakker te word en n man met n trouring aan te sien wat nie kan wag om die res van sy lewe  met my te spandeer nie, is so priceless soos mens dit kan kry. Ek dink ek is eerlikwaar nou die gelukkigste vrou op hierdie aarde. Toe ons by Bontkop se kamer inloop het die uitsig van Melkbosstrand se water vir ons gewag. Ek dog net daar ek wil sommer vir Dieter vra om met my te trou, maar toe besef ek, dis alklaar so! Hy is so romanties. (Ek wil net by se dat ek nie n idée het waar die res van die honeymoon gaan wees nie so alles is vir my n verrassing). Dit was die mooiste uitsig. Ek sien uit na wat voorle…..
www.bontkop.co.za
 



PUBLISHED - 2011-10-20

Troue & Cultivar Guest Lodge


(Dieter) Ons is getroud! Wow! Wat n wonderlike ervaring! Ek sal n boek kan skryf met alles wat so positief en lekker was aan die dag. As ek dit moet opsom in n paar woorde: Dit was die mooiste dag in my lewe en ek kan met alle eerlikheid se dat my verwagtinge honderdvoudig oortref is. Dankie vir almal wat op een of ander manier betrokke was,hetsy op n tasbare manier of selfs net n sms of facebook boodskappie. Julle sal binnekort meer oor die spesiale dag kan lees in die Huisgenoot. So hou maar die rakke dop. Ons sal daarna meer van ons eie fotos en ervarings met julle deel. Dit voel asof ons lewens gaan stilstaan het. Ons praat die heeltyd oor verskillende mooi oomblikke wat ons op die mooi dag ervaar het. Hieronder is ons twee se hoofgedagtes.

(Martelize) Almal se dis die dag in jou lewe wat die vinnigste verbygaan en ek kan met alle eerlikheid se: Dit is! As ek raad aan verloofde paartjies kan gee wat ook n troue beplan, kan ek net se: geniet elke stukkie van die beplanning, moenie die tyd omwens nie, want jy trou (hopelik) net een keer en girls, kyk mooi na jou man in daai tyd…hy moet die res van sy lewe met jou spandeer, moenie dit moeilik maak vir hom nog voordat julle getroud is nie. Ekt probeer om elke liewe detail en oomblik in te drink en net in die oomblik te lewe. Dit was n sprokiesdag soos ek dit net in my drome kon sien. Alles wat ek gedink het dit gaan wees, was so en net nog meer. Die mooiste dag met die mooiste man in my lewe en ons gunsteling mense in die hele wereld! Wat n voorreg.

 

Met al die opwinding en haas om met my ridder op sy wit perd te gaan trou het ek skoon vergeet om die honeymoon suite by Clutivar guest lodge se sleutel te vat waarheen ons twee pasgetroudes moes terug kom die aand. Dis ook hier waar ons aangetrek het en n klomp van die fotos wat julle later gaan sien geneem is. Toe ons oppad terug is besef ek dat ek die sleutel net so gelos het in die kamer en die deur net agter my toegetrek het. Nie te min het hy ‘n briljante idée gehad om soos n dief oor die hek te spring en tot ons redding te kom. Na n paar minute het hy soos my held na my toe aangehardloop gekom, in die motor gespring en daar gaan ons twee ons eerste nag van mnr en mev Voigt wees in. Dit was ongelooflik!

 

Cultivar is op die Bonniemile pad, naby Skilpadvlei. Dis so bietjie weggesteek en jy voel asof jy jouself hier kan wegsteek van die res van die wereld. Die uitsig is ongelooflik en die weelde omvou jou oral waar jy gaan. Ons het hier wakker geword met harte wat so rustig en oorloop van vreugde. Daar is iets wat gebeur in n mens wanneer jy jou liefde voor God en getuies verklaar. Ons het by Cultivar begin sweef. Wat n bederf!

www.culti-var.co.za




PUBLISHED - 2011-06-29

VEMMA


 

Everybody in South Africa needs this, if you want to know more mail me. Details at the bottom and I will tell you where to find it! 




PUBLISHED - 2011-06-29

Foon In Die Water!


 

Het jy al ooit jou foon in die water verloor? ‘n Paar van myne het al geswem. Dis n groot skade! Ek het op die volgende afgekom op Yahoo News. Hoop dit help jou. Ek het dit gememoriseer en sal jou laat weet as dit werk! Jy kan dieselfde doen. Moet dit asb net nie  aspris dit gaan toets nie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade agv water eksperimente wat skeefloop nie!




PUBLISHED - 2011-06-27

Hallo Stellenbosch!


 

Ai, hoe lekker het ek nie gekuier in die pragtige deel van ons land nie! Ons het n wonderlike nuwe Pasella insetsel vir julle gemaak wat op 13 Julie 2011 uitgesaai word. Vanjaar is die 40ste bestaansjaar van die Stellenbosch Wynroete en ek het die voorreg gehad om met die enigste oorlewende stigterslid van die roete n onderhoud te voer. 




PUBLISHED - 2011-06-21

Madiba Dag!


 

“Education is a powerful weapon you can use to change the world.” Nelson Mandela                 

Op 17 Junie 2011 het ek my eerste Madiba dag gevier. Die konsep is wonderlik! Elke Suid Afrikaner word uitgedaag om op 18 Julie 67 minute van ons tyd vir iemand anders te gee en in die proses die lewe vir daardie persoon n bietjie beter maak. Mandela het 67 jaar van sy lewe gegee om Suid Afrika n beter plek vir ander te maak, so 67 min van ons eie tyd is darem regtig die minste wat ons kan doen!




PUBLISHED - 2011-06-13

Uit die Noorde...


Hallo julle! Ek skryf vir julle hier uit die Noorde. Ons is oppad na Leyds dorp vanaf Komatipoort. Die weer is fantasties hier,dit voel omtrent soos die Kaapse somer. As ek n kort broek ingepak het sou ek sowaar n tan kon kry! Ek hoor dis maar koud in die Suide! Ek het die laaste [...]




PUBLISHED - 2011-06-08

Opwindende Tye!


Ek is sommer lekker opgewonde as ek dink wat alles  tans in en rondom my gebeur! More stem ons! Wat ‘n voorreg om op jou klein manier ‘n verskil te maak. Ek glo werklik dat ons in een van die wonderlikste lande ter wereld leef. Met goeie leierskap kan ons ontwikkel  in ‘n reuse moontheid, [...]




PUBLISHED - 2011-06-08

Geronimo!


Hallo julle! Sjoe, moeilik om te glo hoe vinng die jaar besig is om voort te snel! Baie jammer dat ek julle so bietjie afgeskeep het! Ek gaan nie eers begin om verskonings te maak nie, maar ek sien regtig baie uit om bietjie meer met julle te gesels op my blog! Winter het nou [...]






sponsors

articles